London Borough of Tower Hamlets

London Borough of Tower Hamlets
Die ligging van Tower Hamlets in Groter-Londen
Die ligging van Tower Hamlets in Groter-Londen
Politieke status
Land Vlag van Engeland Engeland
(Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk)
Stigting 1 April 1965
Bevolking
Totaal 284 000 (Junie 2014)[1]
Volgorde 52ste
Digtheid 14 365/vk km
Statistiek
Oppervlakte 19,77km²
Volgorde 320ste
Tydsone GMT (+0)
Somertyd BST (+1)
Webtuiste towerhamlets.gov.uk
Wapen en vlag
Portaal  Portaalicoon   Londen

Die London Borough of Tower Hamlets () is een van Londen se administratiewe distrikte (boroughs) wat oos van die historiese middestad, die City of London, suid van Hackney, wes van die River Lea en Newham en noord van die Teemsrivier geleë is, met 'n bevolking van 284 000 teen die middel van 2014.

Die distrik in die ooste van die Britse hoofstad, wat vanaf die Londense Tower ooswaarts strek, behels groot dele van Londen se tradisionele hawe- en immigrantebuurt East End asook die herontwikkelde Docklands-gebied, waaronder die West India Docks en Canary Wharf. Baie van Londen se hoogste geboue het in die sentrum van die Isle of Dogs ontstaan, 'n skiereiland en buurt in die suide van Tower Hamlets. Ook 'n deel van die Queen Elizabeth Olympic Park is in die distrik geleë.

Die distrik se bevolking word deur een van die hoogste persentasies etniese minderhede in die Britse hoofstad gekenmerk en veral verbind met sy lank gevestigde Britse Bangladesji-gemeenskap. Rondom Brick Lane het restaurante, straatmarkte en winkels ontstaan wat die grootste verskeidenheid van tradisionele Bengali-kookkuns, houtsnykuns, tapyte en klere in Europa aanbied.

  1. Office for National Statistics: Annual Mid-year Population Estimates, 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne